Hy is 'n plaasseun van die Noord-Kaap en deesdae ’n fabrieksvoorman oor 80 mense. Naweke braai hy en die manne vleis, drink brannas-en-Coke en gesels rugby.  Tussendeur bied hy karateklasse aan.  Maar Johan Prinsloo* (40) het ’n geheim: Hy dra elke dag skelmpies ’n weggooibare babadoek onder sy jeans en met slapenstyd trek hy ’n oorgroot luier aan. Soms suig hy selfs aan ’n fopspeen. Johan is as’t ware ’n volwasse baba en sy doekdraery is nie weens gesondheidsprobleme nie, want hy is bloot ’n grootmens wat ontvlug na ’n babawêreld waar hy “emosioneel veilig” voel. 

Lees meer in die Huisgenoot van 24 Januarie.