Die polisie in Doebai gebruik voortaan Ferrari FV-sportmotors om mense wat dieselfde soort motors bestuur, aan te keer wanneer hulle jaag.

Polisie in Doebai jaag met Ferrari FV-sportmotors agter spoedvrate aan

Stadspolisie in die Verenigde Arabiese Emirate, wat onlangs die Lamborghini Aventadors aan beamptes bekendgestel het, het die patrolliemotors gekry om eienaars van dié soort motors te verhoed om die snelheidsperk te oorskry.

“Doebai is ’n unieke stad en alles in die stad moet daardie uniekheid weerspieël; daarom gaan die polisie Ferrari-sportmotors by hul vloot voeg,” het die polisiehoof aan GulfBusiness.com gesê.

“Ons is aangenaam verras deur mense se reaksie op die Lamborghini en het daarom besluit ’n Ferrari sal ook ’n goeie keuse wees.”

Die polisie se vloot sluit ook in Chevrolet Camaro SS, Dodge Charger en BMW 5-reeks motors.