Die skooljaar het op ’n tragiese noot afgeskop met die ongeluk wat nou die lewens van vyf kinders geëis het.

’n Bus van Durban Transport en ’n minibustaxi met skoolkinders het kop aan kop gebots. Die impak het die taxi in twee geskeur en die stukke het langs die pad te lande gekom.
Die jongste sterfgeval was ’n leerder van die Hoërskool Sivananda, het Muzi Mahlambi, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement, gesê. “Die leerder was een van die oorlewendes van die taxi-en-busongeluk wat op die oggend van 11 Januarie vier lewens in Ntuzuma geëis het, maar het ongelukkig ná 12 dae in die hospitaal gesterf.”

Die leerder se naam is nog nie bekendgemaak nie.

Bron: News24