Ses van die oorledenes was kinders en 10 volwassenes.

Netcare911-woordvoerder Athlenda Mathe sê net twee mense het die ongeluk tussen die taxi en 'n bakkie oorleef.

"Daar is net twee oorlewendes van die ongeluk. Een verkeer in 'n kritieke toestand terwyl die ander minder ernstige beserings opgedoen het. Albei is op die toneel gestabiliseer en daarna na verskeie hospitale in die omgewing vervoer vir verdere mediese sorg."

Die N1 suid was vir ure lank gesluit en opruimingswerk vind steeds plaas.

"Die pad gaan nog vir 'n paar uur gesluit wees terwyl owerhede probeer vasstel wat tot die ongeluk gelei het," het Athlenda bygevoeg.

Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Bron: News24