'n Woordvoerder van Netcare 911, Athlenda Mathe, sê ’n voertuig het omstreeks 12:30 op die Schoemanskloof-pad omgeslaan en twee mense is op slag dood. ’n Derde insittende het ten spyte van pogings deur paramedici gesterf.

Later, omstreeks 15:30, het twee ligte voertuie en ’n vragmotor gebots. Die voorval het op dieselfde roete plaasgevind – dié keer sowat 40 km van Nelspruit af in die rigting van Johannesburg.

Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle ’n ligte voertuig gekry wat omgeslaan het,  waarvan al vyf passasiers gesterf het.

Bron: News24