Volgens was ER24 was dié ongeluk was tussen ’n bakkie en ligte motor op die dodelike Welverdiendpad in Carletonville.

Paramedici het die twee voertuie aan weerskante van die pad gevind. Die bestuurder van die bakkie het met hul aankoms reeds gesterf aan sy veelvuldige noodlottige beserings en is op die toneel dood verklaar. Die man in die passasierskant was in kritieke toestand en is per helikopter na die naaste hospitaal vervoer.  

Die nege ander beseerdes was oor die toneel gestrooi en vir geringe tot matige beserings behandel.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en polisie is steeds besig met hul ondersoek. 

In dié onverwante ongeluk Sondagoggend is drie mans oorlede en vier beseer buite Carletonville. Foto: ER24

In ’n onverwante ongeluk Sondagoggend op die Bankpad is drie mans oorlede en vier beseer. Die noordlottige voorval het ongeveer 9 km buite Carletonville plaasgevind. Die presiese oorsaak dié ongeluk is ook steeds onbekend.