Die webtuiste Paddy Power bied wedsyfers van 2-5 vir ’n onskuldigbevinding en 7-4 vir ’n skuldigbevindig.

Die weddenskapswebtuiste sê: “Net enkels. Geld vir die uitspraak in Oscar Pistorius se eerste verhoor vir die aanklag van moord.

“Weddenskappe is ongeldig as die aanklag voor die uitspraak van moord verander word tot moord met voorbedagte rade. Weddenskappe is ongeldig as ’n wanverhoor verklaar word.”

Volgens die webtuiste sal weddenskappe van Suid-Afrikaners nie aanvaar word nie.

Op die webtuiste word beweer hulle is Ierland se grootste, suksesvolste, mees veiligheidsbewuste en vindingrykste beroepswedder.

Paddy Power is glo die derde grootste weddenskapsnemer en die sesde grootste aanlyn weddenskaponderneming in Brittanje en Ierland.

Oscar word daarvan beskuldig dat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, verlede jaar op 14 Februarie vermoor het.

Sy saak sal van 3 tot 20 Maart in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.