Op 7 Maart is die 16-jarige Franziska Blöchliger se lyk gekry in die Tokai-woud naby Kaapstad. Vier mense is aangekeer, maar Donderdag 28 April het in die hof uitgekom net een van hulle se DNS kan met die voorval verbind word.

Lees ook: Ouers van Tokai-slagoffer Franziska Blöchliger verlaat SA ‘vir innerlike vrede’

Franziska het op die dag van haar dood afgespreek om op ’n bepaalde plek by haar ma aan te sluit nadat sy in die gewilde ontspanningsgebied gaan draf het. Toe sy nie by die ooreengekome ontmoetingsplek opdaag nie, het die gesin begin bekommerd raak. Haar lyk is later gevind.

Lees ook: Grusame besonderhede oor Tokai-moord kom aan die lig

Sy is verwurg en verkrag en haar iPhone, horlosie, oorfone en diamantring is gesteel. Ooggetuies het glo die beskuldigdes met die misdaad verbind en Franziska se besittings is in hul besit gevind. Al vier word aangekla van die moord op en verkragting van die tiener.

Luidens die klagstaat kom drie van die beskuldigdes van Westlake en een van Steenberg. Hulle is tussen 21 en 32 jaar oud.

Beskuldigde nommer twee, Jerome Moses, het glo aangevoer hy het net gehelp om Franziska se selfoon te verkoop en het nie geweet dis gesteel nie. Danksy DNS-toetse is beskuldigde nommer een, Howard Olivier, positief met die misdaadtoneel verbind. Die saak is tot 6 Mei uitgestel waar daar oor borgtog, al dan nie, besluit sal word.

Ander stories op Huisgenoot.com

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: AB de Villiers se vrou, Danielle, het ’n verborge talent en ons is gek daaroor!

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Kyk net wat vang dié vrou met haar werkgewer se sap aan!