DIE tekens van die lente is oral te sien op die Venters se kleinhoewe in Walkerville, suid van Johannesburg.

Kappertjies blom vrolik in keramiekpotte en varkore staan spierwit teen die baksteenhuis.

Maar Vanessa en Mike Venter se hart voel soos ’n wintertuin.

Dit is skaars twee dae nadat hulle gehoor het hul enigste kind, Dwayne Venter (21) – Raapie Knaapie van die gewilde musiekgroep DJ Ossewa– is in ’n ongeluk in die groep se bussie dood.

“My hart voel so leeg soos die halwe huis,” sê Vanessa en beduie na die halfvoltooide vleuel aan hul huis. “Dwayne het nog by ons gewoon. Ons was besig om hier vir hom ’n nuwe plekkie te bou. Nou sal hy dit nooit sien as dit klaar is nie...”

Lees die volledige onderhoud met sy ouers in die Huisgenoot van 9 September 2010.

In die huidge Tempo verskyn daar 'n onderhoud met DJ Ossewa, waar Raapie Knaapie ook oor sy rol in die groep gesels het. KLIEK HIER vir 'n uitreksel.

[gallery link="file" order="DESC"]