Min het Michael en Ruth Smith geweet hoe duur ‘n uitstappie winkel toe hulle uiteindelik sou kos. Hulle het die Caroline-faktor buite rekening gelaat.
Sy het veroorsaak dat hul motor deur ’n heining gebars en en in ’n swembad beland het.
Lief en dierbaar soos wat sy is, het Caroline – die paartjie se verskrikte swart labrador – sake ietwat te ver geneem. Sy het veroorsaak dat hul motor deur ’n heining gebars en en in ’n swembad beland het. Caroline het glo groot geskrik vir iets terwyl sy saam met eienaars Michale en Ruth Smith in hul motor op pad winkel toe was. Sy het toe van die agtersitplek tussen die bestuurder se voete ingeduik en op die petrolpedaal beland.

Haar onverwagse reaksie haar eienaars onkant gevang en hulle was te laat om haar van die petrolpedaal weg te haal voordat dit te laat was. Die Doge Ram het buite beheer geraak.

Die eienaar van die swembad, John McNamara, vertel sy vrou wou hom aanvanklik nie glo dat daar ’n kar in die swembad is nie. Tot waar sy dit self gesien het.

Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie en die eienaars sê hulle verkwalik nie vir Caroline nie.

Bronne: Daily Mirror, unilad.co.uk, Twitter