’n Inwoner het gesê dit het gelyk of sy huis “verlaat en deur spinnekoppe oorgeneem is.” Navorsers het aan The Sydney Morning Herald gesê die gebied ervaar dalk ’n massamigrasie van babaspinnekoppe. Spinnekoppe, veral jonges, stel dikwels ’n stroom sy vry terwyl hulle spring en die wind kan hulle wegvoer. Massamigrasie kan lei tot ’n groot hoeveelheid spinnerakke of “engelhare” – die sy wat spinnekoppe vervaardig. Party kenners sê die spinnekoppe sal uiteengaan wanneer die weer warmer word.
Bronne: Time.com, CNet, Sydney Morning Herald