Soms aanvaar ’n mens dit as vanselfsprekend, maar iets so eenvoudig soos skoon en droë klere kan menswaardigheid herstel.

Here we go... First look at Australia's only mobile laundry for the homeless. Thanks Richard Jay and LG.

A photo posted by Orange Sky Laundry (@oslaundryau) on
Dis wat twee Australiese vriende, Lucas Patchett en Nicolas Marchessi (albei 21), laat besluit het om haweloses se klere te was en droog te maak met masjiene agterop hul bakkie gekoppel aan die voertuig se battery.

Hulle ry rond in Brisbane, Queensland, en lewer ’n gratis diens aan mense in nood en wat op die straat lewe. Hulle noem dit Orange Sky Laundry.

In die afgelope twee jaar het hulle ’n geskatte 10 000 mense gehelp. “Ons wil hierdie diens na die res van die wêreld uitbrei, sê Nicolas. Lees ook: Eksklusief: Ontmoet Koekedoor 2 se tien nuwe deelnemers “Om skoon, warm klere aan te trek was wonderlik,” het ene John vertel.

“Skoon klere is baie belangrik wanneer jy allerhande dinge moet doen om net te oorleef,” meen Pete, wat ook op die straat woon. Een van die belangrikste dienste wat Orange Sky Laundry lewer, is ’n lekker geselsie wat ’n groot uitwerking kan hê op hul sielkundige gesondheid, meen dokters. “Hulle laat my weer glimlag,” vertel Steve, nog ’n hawelose. “Die beste manier om gelukkig te wees is om te gesels.”

THUMBS UP: Patty washes her clothes on another bright and sunny Brisbane morning

A photo posted by Orange Sky Laundry (@oslaundryau) on

Lees ook: Kyk: Troufotograaf vang roerend ouers se ‘belangrikste oomblik’ vas toe hy hul sterwende baba afneem

In Suid-Afrika is daar ook sulke “engele”. Mense soos Anton Hay, eienaar van die haarsalon On The Edge Living, in Pretoria. Hy en sy kollegas vaar gereeld die strate in om haweloses se hare te was en te sny.

Adv. GF Heyns, ook van die Jakarandastad, het ’n Facebook-groep begin, 1 Thing p/day to Build SA, waarop lede gevra word om byvoorbeeld hulpbehoewende skole te gaan verf.

Hulle het ook ’n One Blanket p/Week-projek wat komberse vir die komende winter vir mense op straat insamel.

— Pieter van Zyl

Het jy enige voorstelle of idees vir projekte wat mense in nood kan help? Stuur 'n e-pos aan Pieter van Zyl.

Bronne: Bored Panda; Huffington Post

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde

Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit