WANNEER gewone sterflinge sê hulle wil ’n stil, stemmige troue hê, bedoel hulle gewoonlik net ’n klompie gewaardeerde gaste word genooi, die eetgoed is eenvoudig, die vonkelwyn het ’n beskeie etiket en daar’s net ’n bietjie dansmusiek. Maar as jy die tweede aanspraakmaker op die Britse troon is, neem stil en stemmig heel ander afmetings aan.

Dan beteken dit die bruid ry pleks van in ’n perdekar in ’n Rolls Royce na die Westminsterabdy; pleks van ’n tradisionele bruilofontbyt is daar ’n informele buffet vir ’n paar honderd mense en op jou groot dag sorg jy dat liefdadigheidswerkers en ander goeie siele hulle in die geselskap van prinse, presidente, sokkerspelers en popsterre bevind.

En wat die onthaalplek betref, is dit niks minder as die indrukwekkende Buckinghampaleis nie. Die 650 gaste wat gelukkig genoeg is om na prins William en Kate se bruilofsonthaal genooi te word, sal toegang hê tot 19 imposante vertrekke soos die staatseetkamer, die sitkamer en die musiekkamer.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 21 April 2011

Volg die troue saam met Huisgenoot 

As jy gaande is oor koninklike troues, moet jy Huisgenoot se webtuiste dophou. As jy nie na die plegtigheid op TV kan kyk nie – en selfs al kan jy, maar jy wil graag nog meer weet  – sal ons jou deurgaans op hoogte hou van wat in Londen gebeur. Ons sal ook videogrepe en foto’s plaas sodat julle julle aan die koninklike bruidspaar en hul volgelinge kan verkyk. Daarby sal Nicola Whitfield, senior assistentredakteur van ons sustertydskrif YOU, vier dae lank in Londen wees om die troue te dek. Sy sal voor, tydens en ná William en Kate se troue gereeld twiets stuur. Moet dit nie misloop nie!