As jy vandag Facebook besoek het, het jy dalk die video gesien van die petroljoggies wat by ’n Engen-motorhawe in Kaapstad dans dat dit klap.

In die video dans ’n groepie mans, aangetrek in Engen-uniforms, terwyl hulle verbaase klante by die motorhawe in Oranjestraat naby die stadskom, help.

Dié goedvoel-video het intussen soos ’n veldbrand versprei met duisende Suid-Afrikaners wat dit in sosiale media gekyk en gedeel het.

“Dit het so pas my dag gemaak en ek was nie eens daar nie!” het een Facebook-gebruiker geskryf. Nog een het laat hoor: “Een van die dinge wat Suid-Afrika so ’n wonderlike plek maak!”

Die weergawe van die prettige video op YouTube is al meer as 60 000 gekyk; op Facebook is die video ’n verstommende 700 000 keer gekyk.

“Dit was nie heeltemal spontaan nie,” het Gavin Smith, woordvoerder van Engen, aan Huisgenoot gesê. “Hulle was beroepsdansers en dit was ons idee.”

Hoe dit ookal sy, die video het vir ’n glimlag op duisende gesigte gesorg. Wat dink jy daarvan? Sê vir ons wat jy dink op ons Facebookblad.