Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en vier medebeskuldigdes word daarvan aangekla dat hulle die Lebanese burger Sam Issa in 2013 vermoor het.

Lees ook: Radovan Krejcír tot 35 jaar gevonnis Hy is verskeie kere geskiet. Na bewering het Sam miljoene rande aan dwelmverskaffers geskuld. Hy het glo ook noue bande met Krejcir gehad. Regter Winston Msemeki het aangedui dat die saak na 13 Mei 2016 uitgestel sal word vir verhoor.

In die Baai is dit weer Christopher Panayioutou en sy twee medebeskuldigdes, Sizwe Vumazonke en Sintethemba Nenembe, se beurt om in die hof te verskyn. Hulle verskyn op aanklagte van die ontvoering van en moord op 21 April 2015 op Christopher se vrou, Jayde.

Christopher het sedert sy inhegtenisneming gereeld pleidooie gelewer om borgtog te kry. Van die redes wat aangevoer was, was dat sy sel in ’n slegte toestand was en dat hy sy besigheid moes bestuur. Lees ook: Hof beslis oor Christopher Panayiotou se borgtogaansoek Dinsdag het ’n groep vroue swart T-hemde in die hof gedra waarop die woorde “Christopher Panayioutou” en “Innocent” verskyn. Die saak is tot 16 Mei 2016 uitgestel.

Bob Hewitt, die tennis-ikoon wat ’n gevonnisde verkragter geword het, is ook Dinsdag in die hof, maar dié keer in die appèlhof in Bloemfontein om teen sy vonnis te appelleer. Lees hier: Regter beslis in Bob Hewitt-verkragtingsaak Die 75-jarige wat twee tienermeisies meer as drie dekades gelede verkrag het, gaan versoek dat sy vonnis van ses jaar tronkstraf na ’n vonnis buite die tronk verander word. Adv. Johann Engelbrecht SC (vir Hewitt) sê sy kliënt se verkragting van die twee meisies kan nie as “wreed en gevoelloos” bestempel word nie.

Bronne: netwerk24.com, heraldlive.co.za, Twitter

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!