Die paartjie is die trotse ouers van twee skattige dogters, Katerien, wat volgende maand drie word, en Elise (amper 2).

Minki het vroeër vandag op Instagram ’n foto van haar en Ernst gedeel met die boodskap: “Happy Anniversary aan my liefste lekkerste man!!! Jy en die dogtertjies is my lewe!! Dankie Jesus vir u Genade onbeskryflik groot! #8junie2012 @ernstjoubert.”
Ernst het op sy beurt ’n foto van hulle op hul troudag op Instagram gedeel en sy vrou gelukgewens met die mylpaal in hul huwelikslewe.

A photo posted by @ernstjoubert on

Gelukwensinge het van oraloor ingestroom.

“Baie baie geluk julle,” het die sanger Kurt Darren se vrou, Dunay, op dié sosiale netwerk laat hoor. “Wense vir nog baie gelukkige, gesonde jare saam!”

Minki en Ernst het in Junie 2012 in die NG moederkerk op Wellington afgehaak. Hul dogters is in Engeland gebore terwyl Ernst nog daar vir die Londense rugbyklub Saracens uitgedraf het. Hulle het in Desember verlede jaar teruggekeer Suid-Afrika toe.

Minki het vroeër vir ons vertel kommunikasie is die geheim vir haar gelukkige huwelik. “Dis baie belangrik en ek glo ook dat julle dieselfde geloofsoortuiging moet hê,” het sy vertel. “’n Mens moet maar net jou prioriteite regkry. Jou man moet steeds jou nommer een bly. En jy as vrou moet hom so laat voel.

“Kinders is ’n wonderlike toevoeging tot jul huwelik. Hulle voel veilig en geborge in ’n huwelik waarin Mamma en Pappa baie lief is vir mekaar en waar hulle die liefde tussen hul ouers kan sien! Dit wil ek my dogters ook gee.’’

Lees ook op Huisgenoot.com:

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool