Die land is in rep en roer en almal het ’n mening. Die nuus dat Joost van der Westhuizen (40) aan ’n dodelike spierverwante senusiekte ly, het Suid-Afrika behoorlik laat gons.

En toe ons hoor dis dalk tog nie so nie, het die bohaai net verder toegeneem. Eers het Joost self vertel die dokters wat hom ondersoek het, meen hy het net drie jaar oor om te lewe.

Maar daarna het hy uitgevaar teen die media wat self ’n doodsvonnis oor hom uitgespreek het. En toe Amor aan Huisgenoot vertel sy is baie bekommerd omdat sy nie ’n idee het wat werklik aan die gang is nie (Joost, ek is bang!, 2 Junie), het die woorde behoorlik op die land se sosiale netwerke gevlieg.

Weke nadat die skoknuus oor die voormalige Bok-kaptein onthul is, is daar steeds vuurwarm debatte oor die onderwerp.

En toe Huisgenoot en YOU op hul Facebook-blaaie vir lesers vra of daar iets is wat hulle brand om vir Joost te vra, het 200 mense binne ’n uur van hulle laat hoor.

“Joost, hoekom moes Amor deur die media hoor van jou siekte?”, “Het jy al vir Jesus ontmoet wat jou liefhet?”, “Kan ek asseblief jou doktersuitslae lees?” So het die vrae ingestroom.

Op Huisgenoot en YOU se webtuistes het die lesers hul ondersteuning en medelye betuig,hom soms aangespreek en gevra of hy nie dalk net publisiteit soek nie en soms vir Amor gekasty omdat sy hom nie genoeg bystaan nie.

Lees meer in die Huisgenoot van 9 Junie wat Huisgenoot-lesers se opinies is en sien wat Joost se ma self op Huisgenoot se webtuiste geskryf het. 

Volg Huisgenoot op Twitter.

Volg Huisgenoot op Twitter.