Oe-la-la! Het die Springbok Willie le Roux liefde gevind? Willie het Saterdag ’n kiekie van hom en ’n mooi donkerkop nooi tydens ’n uitstappie by die Shibuya-oorgang in die Japanse hoofstad, Tokio, gedeel en dié selfie het omtrent die tonge laat klap.

And the selfies are flying #shibuyacrossing #japanesestyle #japanlife ????????

A photo posted by Willie Le Roux (@wjjleroux) on
“Jou nuwe vrou?” wou sy oud-Bok-spanmaat Duane Vermeulen weet, terwyl sy mede-Bok Eben Etzebeth laat hoor het: “Jy't nie gejok nie @wjjleroux”. Nog ’n aanhanger hoor skoon trouklokke. “Nou dink ek ons tyd wat ons kom is ideaal, dit lyk vir my ons het nou ’n rede om voor te kom! #troue!” het ene @lerouxjonker laat hoor. So wie is dié sexy brunet wat Willie se hart glo bolmakiesie laat slaan? Ons het op sosiale media gaan snuffel en dit blyk sy is ene Adéle Truter. Adéle het op Instagram ’n foto van haar saam met ander vroue gedeel toe sy onlangs in Tokio ’n wedstryd van die Canon Eagles gaan kyk het – die einste span in Japan vir wie Willie uitdraf.

With these beautiful ladies today at the Canon Eagles game in Tokyo ????????

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Adéle het boonop Tokio omtrent verken. Ons wonder of Willie haar rondgewys het? Dis onduidelik of die twee net vriende is of meer as net pelle.

Takeshita Street Tokyo ????

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Van wat ons aanlyn aflei, is Adéle ’n oud-leerder van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch. Sy het al onder meer op seiljagte gewerk. Hier is vyf goed wat ons van Adéle uitgevind het op Instagram. 1. Sy het ’n tweelingbroer!

Reunited met Boeta ??? #twins #southafrica

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

2. Sy is ’n straljerjakker van formaat. Spanje, Italië, Kroasië, Griekeland . . . Noem maar op en Adéle was daar!

Barcelona, you were a treat as always ? now, home time ?? #southafrica

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Chasing the sunset in Venice ?

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

3. Sy hou van rockmusiek en was al saam met haar suster Desiré by ’n konsert van die Amerikaanse funk rockers Red Hot Chili Peppers.

Ready to rock this! ??#redhotchilipeppers #rhcp @desitruts

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

4. Die skoonheid is beslis nie bang vir lyf wys nie!

Bye bye Venice ???

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

5 Sy’s ’n hondeliefhebber!

Seeing this little peanut soon ?

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on

Miss hierdie kleintjie alklaar ? #stitchi #frenchie

A photo posted by Adéle Truter (@adeletruter) on