DIE kleine prins George is nog nie eens gedoop nie, en die hare vlieg al klaar oor wie na die doopplegtigheid op 23 Oktober genooi is en wie nie. Die oorsese koerante gons omtrent oor “senior koninklikes” wat van die gastelys af gelaat is. Die plek

Wat wel so duidelik soos daglig is, is dat prins William besig is om sy staal as toekomstige monarg te wys. Dié dat hy en Catherine nou besluit het die doop moet eerder in die intieme Royal Chapel in die St. James-paleis gehou word.

[caption id="attachment_56170" align="alignnone" width="414"]Die Royal Chapel. Foto: Inpra Die Royal Chapel. Foto: Inpra[/caption]

Dis dieselfde kapel waar Diana, William se ma, se liggaam gehou is in die dae voor haar begrafnis. En buite in die straat was ek een van derduisende mense wat geduldig gewag het om in die gedenkboek daar vir Diana te teken – net om verras te word deur ’n besoek van koningin Elizabeth en prins Philip wat met roubeklaers kom gesels het! Hoewel ek nooit self tot binne-in die kapel kon kom nie, is dit uit foto’s duidelik dat dit ’n klein kapel is waar hoogstens 100 mense met fyn beplanning hul sit kan kry. Daar word algemeen verwag die Cambridges sal selfs nog minder as 100 gaste na die doop sal nooi. Die gastelys Natuurlik sal koningin Elizabeth en prins Philip daar wees. So ook prins Charles, sy vrou, Camilla, die Middleton-ouerpaar, asook hul onderskeie broers en suster, Harry, James en Pippa.

William se ooms en tante – Andrew, Edward en Anne – kan nie die doopplegtigheid bywoon nie want hulle het reeds ander afsprake. Maar moenie te veel uit hul afwesigheid aflei nie. Prins Charles was nie ’n gas op een van prinses Anne se kleinkinders se doopplegtigheid nie. William is egter na aan Anne se kinders, Zara en Peter, en hy en Catherine is al afgeneem waar hulle met Peter se twee blondekop-dogtertjies speel. Van al sy neefs en niggie sal ek verwag om die swanger Zara en haar man, die Engelse rugbyspeler Mike Tindall, by die doop te sien, en so ook Peter Phillips en sy vrou, Autumn. Hul kleingoed en Zara se eersteling, wat volgende jaar gebore word, sal lekker maatjies met George kan wees. Maar of prinses Eugenie (wat pas met ’n nuwe werk in New York begin het) en haar ousus prinses Beatrice, gesig sal wys, twyfel ek ten sterkste. Die York-susters is lede van Harry se vriendekring, nie William s’n nie, en daar is mos sprake van jaloesie en wedywering tussen hulle en Catherine. Die peetouers

Van vriendekringe gepraat. Tot dusver lyk dit of William en Catherine hul nabye vriende as peetouers gaan kies eerder as koninklikes. Ek vermoed hier het William ’n les by sy ma geleer, wat met sy doop gekla het dat sy geen insae in die doopplegtigheid of peetouers gehad het nie. (Suid-Afrika kon darem toe spog met ons eie sir Laurens van der Post as een van William se peetouers). Hugh van Cutsem, wie se dogtertjie Grace met die koninklike troue so boosgesiggie op Buckingham-paleis se balkon gestaan het, is moontlik een van die peetpa’s. So ook Emilia Jardine-Paterson, ’n skoolvriendin van Catherine en Fergus Boyd, ’n vriend van albei, wat in hul studentejare saam met hulle in ’n plaashuis gewoon het. [caption id="attachment_56172" align="alignnone" width="600"]Hugh van Cutzen (links) en klein Grace, wat almal vermaak het met haar nors uitdrukking op die troue van William en Catherine. Foto's: Elite Hugh van Cutsem (links) en klein Grace, wat almal vermaak het met haar nors uitdrukking op die troue van William en Catherine. Foto's: Elite[/caption] Die dooprok

’n Mens hoef nie te wonder by wie prins George (volgens pa William se vertellings) sy sterk longe gekry het nie. Prins William het met sy doop vreeslik aan die huil geraak, en ál hoe ma Diana hom kon stilkry, was toe sy haar pinkie in sy mondjie gesit het.

[caption id="attachment_56175" align="alignnone" width="600"]Een van William se amptelike doopfoto's. Van links sit koningin Elizabeth, Diana en William en die koninginmoeder (Elizabeth se ma, Mary). Agter staan Charles en sy pa, Philip. Foto: Elite Een van William se amptelike doopfoto's. Van links sit koningin Elizabeth, Diana en William en die koninginmoeder (Elizabeth se ma, Mary). Agter staan Charles en sy pa, Philip. Foto: Elite[/caption]

Die dooprok is ’n presiese replika van die dooprok wat vir koningin Victoria se oudste dogter gemaak is en wat vir 167 jaar gebruik is om koninklike babas in te doop. William is nog in dié antieke rok gedoop, maar ’n klompie jare gelede is ’n replika gemaak omdat die ou rok te broos geword het. Die laaste baba wat nog in die antieke rok gedoop is, is prins Edward se oudste, lady Louise, in 2004. Die doopfoto waarna ek die meeste uitsien, is die een met koningin Elizabeth en haar drie lewende troonopvolgers: prins Charles, prins William, en natuurlik prins George. Die enigste ander monarg met drie lewende troonopvolgers was koningin Victoria. Toe haar agterkleinseun Edward VIII in 1894 gebore is, het sy pa, die toekomstige George V en oupa, Edward VII, nog geleef. [caption id="attachment_56174" align="alignnone" width="376"]Koningin Victoria met Edward VIII op haar skoot. Agter haar staan George (links) en Edward VII. Koningin Victoria in 1894 met Edward VIII op haar skoot. Agter haar staan George V (links) en Edward VII.[/caption] Bestel jou eie doopmunt!

’n Gedenkmunt vir prins George se doop kan by die koninklike munt bestel word. Gaan kyk hier hoe dit lyk.  Van die munte kos honderdduisende rande, maar daar is een wat jy vir net £13 kan koop (sowat R200 plus posgeld).

[caption id="attachment_56171" align="alignnone" width="509"]Van die gedenkmunte wat bestel kan word. Die een links kos 500 000 pond (R6,5 miljoen) en die een regs 13 pond (R200). Van die gedenkmunte wat bestel kan word. Die twee goues links kos 500 000 pond (R650 000) en die een regs 13 pond (R200).[/caption]

- Arlene Prinsloo

Arlene foto Arlene Prinsloo is die digitale nasionale inhoudskoördineerder van Digitale Nuus, Media24 Nuus. Sy is ook Huisgenoot se koninklike blogger.