Op die vooraand van die sepie se glansryke bekendstelling-partytjie by Montecasino Sondagaand, is die akteurs ongelukkig oor hulle kontrakte en moet M-Net net keer om almal aan boord te hou.

Tony Kgorogo, wat die rol van ‘n regte Cassanova in die sepie sou vertolk, het alarm gemaak toe hy agterkom op sy kontrak staan daar dat hy nie vir herhalings van die sepie betaal sou word nie.

Hy’t toe raad gevra by die Creative Worker’s Union. Die vakbond het namens hom sekere eise aan M-Net gestel. Die ongelukkigheid was toe aansteeklik en nou is die meeste van die akteurs op hulle perdjies oor die bepalings van die kontrak.

Lani Lombard, M-Net se woordvoerder, sê die kontrak is standaard en dat die akteurs glad nie min betaal word nie.

M-Net en Tony kon nie tot ‘n vergelyk kom nie, en daarom is hy toe vervang deur vir die rol van die Cassanova.

“Die program lyk baie mooi en ons gaan beslis voort daarmee.” Maar of hulle almal Sondag by die bekenstellingspartytjie gaan wees, is nog ‘n ope vraag.

The Wild begin Maandag om 6 uur op M-Net. Dit gaan oor drie families en die dramatiese goed wat by ‘n wildreservaat gebeur…