Gerugte het in Junie die rondte begin doen dat die verhouding tussen die 55-jarige akteur van Milk, wat Oscars gewen het, en die 40-jarige aktrise van Mad Max: Fury Road, wat ook 'n Oscar-wenner is, op die rotse is.

En Dylan, Sean se 24-jarige dogter, beweer dat hy beslis nie aan 'n gebroke hart ly oor die einde van sy liefdesverhouding met Charlize nie.

“Dit gaan baie goed met hom,” het sy aan die tydskrif People gesê. “Ek het hom gisteraand gesien.”

Dylan het vroeër vandeesweek by haar pa aangesluit om na 'n vertoning van Last Face, sy nuwe poging as regisseur, te kyk. Dit is 'n politieke drama met Charlize in die hoofrol teenoor Javier Bardem.

The Last Face sentreer om die lewensveranderende gebeurtenisse wat ontvou wanneer Charlize se karakter, 'n internasionale kunsdirekteur, gedurende 'n gevaarlike politieke oproer gekoppel word aan die persona van Javier.

Die rolprent is beslis 'n familie-aangeleentheid, aangesien Dylan se jonger sib, Hopper Jack, ook 'n rol vertolk.

“Dit is pragtig, my broer (Hopper) speel 'n rol," het sy oor die rolprent geborrel. "Dit is sy debuut op die grootskerm, hy’s fantasties en die rolprent is pragtig. Dit is my pa se meesterstuk. Dit was wonderlik om dit met hom en van ons vriende te kon deel.”

Dylan het voortgegaan deur te onthul dat haar pa “oor” toneelspeel is, aangesien hy “daarvan hou om in beheer te wees” agter die kamera.

Sy het ook opgemerk dat, wat romanse betref, Charlize die enigste vrou is “behalwe my ma”, die aktrise Robin Wright, wat vir pa Sean in toom kon hou. Dylan en Hopper is die enigste kinders van Robin en haar eksman Sean.

Gerugte het onlangs die rondte gedoen dat daar nog steeds kontak is tussen Dylan en Charlize, maar volgens die jong vrou is dit “nie waar nie”.

"Ek neem aan daar is 'n opmerking gehoor en dat ek iets gesê het soos ‘Sy is die beste’, en dit is toe beskou as sou ons nog met mekaar praat,” het Dylan gesê.

“Ek weet nie.”

© Cover Media