Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) beskuldig hom nou van dieremishandeling.

Volgens (NDBV), het Piet nie die regte prosedure gevolg toe hy een van sy beseerde skape versorg het nie.

“Ons is nie teen boere wat hulle kudde self versorg as hulle klein beserings het nie, maar in hierdie skaap se geval was haar beserings kommerwekkend en hy moes professionele hulp by ’n veearts gaan soek het,” sê Nazareth Appalsamy, woordvoerder van die NDBV.

Volgens hom het die ooi ’n lammetjie gekry. Sy het kort daarna gangrene in haar uiers gekry en dit is afgesit.

’n Senior beampte van NDBV het glo Piet se plaas op Tarlton besoek en op die verminkte ooi en die lammetjie afgekom.

Nazereth sê die lammetjie moes onmiddellik mediese hulp kry aangesien hy nie op sy agterbene kon loop nie. Die ooi was ook in ’n verminkte toestand.

“Die wond was nie behoorlik skoongemaak nie en die skaap het geen antibiotika ontvang nie,” sê hy.

In die skermgreep wat in die besit van die NDBV is, kan gesien word hoe Piet die ooi versorg. Hy skryf daarby: “Saam met Cobus Bester en Lize Mokken word ons veeartse en stop ’n gat waar hierdie ooi se uier eens was met ’n tampon (om die bloeding te stop) en rekverband. Ducktape hou alles bymekaar,” skryf hy.

[caption id="attachment_149176" align="alignnone" width="572"]Die NDBV het hierdie skermgreep van Piet se Facebook-inskrywing met Huisgenoot gedeel. Die NDBV het hierdie skermgreep van Piet se Facebook-inskrywing met Huisgenoot gedeel.[/caption]

Piet sê die beskuldigings is “absoluut absurd”.

’n Skaap het aan die bloei gegaan met ’n septiese blou uier. Ek het die bloeding gestop, ’n rekverband omgesit en dit n anti-inflammatoriese middel gespuit. Aldus hulle was dit onvoldoende.

“Wat my betref is hulle nydig en probeer propaganda vir hulle self maak,” sê hy.

Volgens Nazereth is die lammetjie van die perseel verwyder en Piet het aan die NDBV gesê die ooi is na ’n informele nedersetting geneem om geslag te word.

WAARSKUWING: HIERDIE FOTO MAG SENSITIEWE LESERS ONSTEL

[caption id="attachment_149180" align="alignnone" width="605"]Hierdie foto is deur die NDBV aan Huisgenoot verskaf. Hierdie foto is deur die NDBV aan Huisgenoot verskaf.[/caption]