Die brein agter die eerste Toy Story-fliek, John Lasseter, keer terug om Toy Story 4 te vervaardig, het Disney Donderdag aangekondig.

John, wat Toy Story in 1995 saam met Pixar Animation Studio’s vervaardig het en in 1999 Toy Story 2 se regisseur was, sal ’n nuwe hoofstuk in die lewe van Woody, Buzz Lightyear en die res van die span bekendmaak.

“Ons is dol oor hierdie karakters; hulle is soos familie,” het John gesê.

“Ons wil niks met hulle doen nie, tensy dit die vorige flieks se hoogtes bereik of oortref.”

Die draaiboek is geskryf deur John, Andrew Stanton, Pete Docter en Lee Unkrich, die breinkrag agter die vorige Toy Story-flieks.

Lee was die regisseur vir Toy Story 3, wat in 2011 die Oscar vir die beste geanimeerde film gewen het, en hy was ook ’n mederegisseur vir Toy Story 2.

Disney het Pixar in 2006 vir sowat R81 biljoen gekoop.