– hoe dan anders met groepe studente wat gehore al singend en dansend vermaak.  Elke universiteit kies sy beste koshuis-sanggroep wat dan teen mekaar meeding in die nasionale kompetisie.

Jy hoef nie meer te swot om te kan deel in die vreugde nie. Vanaf 4 Augustus kan kykNET-kykers in die program Sêr saamkyk wat alles agter die skerms gebeur.

Die program word Sondae op  kykNET Musiek (kanaal 146) om 17:00 uitgesaai.

Hippokrates van Stellenbosch Universiteit het laas jaar die ongelooflike reggekry deur beide die mans- en vroue-kompetisies te wen. Kyk hier na opnames van hul wen-optredes.

Hippokrates mans:

http://www.youtube.com/watch?v=Zm1D8fzuQVo

Hippokrates vroue:

http://www.youtube.com/watch?v=_Av8YwdOEQ0