Nicola het op Twitter aangekondig sy en haar man, die Amerikaanse sakeman Ben Steiner, verwag hul tweede kind.

Nicola, wat tussen New York en hul tuiste in Naples, Florida, rondtrek, het getwiet: “Groot nuus! Ek is weer swanger! Evangeline gaan ’n ousus word:) Ben ek is baie opgewonde en geseënd. Ons kan nie wag nie!’’

Nicola is nou net verby haar eerste drie maande van haar swangerskap. Haar man was oorsee op besigheid toe sy uitvind van die swangerskap, en die eerste persoon wat sy gebel het was haar pa,Richard Breytenbach, wat in Kaapstad bly.

Ons wed die paartjie se dogter, die 21 maande oue Evangeline, kan nie wag om ’n ousus te wees nie.

Nicola is beslis ‘n besige vrou. Nie net is sy ’n ma, loopbaanvrou en betrokke by liefdadigheidswerk nie, sy loop ook toneelspelklasse in New York.

Sy vat tans ‘n welverdiende blaaskans en rits van eiland tot eiland in die Karibiese see op haar man se familie-seiljag. Praat van ’n gelukkig meisie!