Beurtkrag, fase een, sal van 10:30 van toepassing wees en dit sal waarskynlik tot 22:00 duur.
“Die kragnetwerk is onder druk. Daar is ? redelike na groot kans dat beurkrag vandag toegepas gaan word as enige tegniese uitdagings ontwikkel,” het Andrew Etzinger, Eskom se woordvoerder, gesê.

Hy het gesê 25% van Eskom se kragopwekkingkapasiteit word weens tegniese probleme belemmer.

Fase 1-beurtkrag maak voorsiening om tot 1 000 MW kragverbruik te spaar, fase 2 tot 2 000 MW en fase 3 maak voorsiening dat tot 4 000 MW gesny word.

Eskom het verbruikers versoek om hul geisers, lugverkoelers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Vir beurtkrag skedules - klik hier.

Bronne: Sapa, Twitter