“WAT nou?” Sy is raadop, dalk kort duskant desperaat. “Alles waarop ons hoop gevestig was, is onder water . . .”

Hannelie Nieuwoudt boer net buite Groblershoop oos van Upington, en haar vraag is ook dié van vele ander Oranjerivier-boere ná die onlangse vloed. Vantevore het hulle reeds gespartel om kop bo water te hou – wat nou?

Dis ’n ramp wat hard en wyd tref: van die boer in die plaasopstal tot die werker wat sy brood in die landerye verdien, die seisoensmense wat staatmaak op ’n geldjie vir die maer maande, die kleinsakeman wat danksy hulle almal sý kos op tafel kry . . .

Vir veral die landbougemeenskappe van die benede-Oranje is die waterramp van vroeg 2011 ’n geweldige slag. Vir talle kan dit trouens die finale nekslag wees.

Dit lyk of die Noord-Kaap inderdaad van die ergste skade gely het in die vloede wat landwyd sowat 40 lewens geëis het. Al langs die benede-Oranje het die natuur mense, selfs hele gemeenskappe, laat steier . . .

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Januarie 2011.