Dis ’n ikoniese foto wat almal van ons al in een of ander stadium gesien het, al is jy nie eens ’n Beatles-aanhanger nie. Maar op hierdie dag presies 47 jaar gelede het George Harrison, Paul McCartney, Ringo Starr en John Lennon nonchalant oor die pad buite die Abbey Road-ateljee in Londen gestap. Die oomblik is op kamera vasgelê en dié bekende kiekie is intussen al deur baie mense nagemaak.

A photo posted by anca (@ancaanansya) on

Dit was ongeveer 11:30 die oggend van 8 Augustus 1969. Die fotograaf Iain Macmillan het net 10 minute gehad om ’n foto van die groep te neem. “Ek onthou ons moes ’n polisieman huur om die verkeer op te hou terwyl ek op ’n leer gestaan en foto’s neem het,” het Iain destyds aan The Guardian vertel.
[caption id="attachment_133509" align="alignnone" width="598"]Die Beatles se Abbey Road-album, hul voorlaaste, is 29 September 1969 uitgereik. Foto: thebeatles.com Die Beatles se Abbey Road-album, hul voorlaaste, is 26 September 1969 uitgereik. Foto: thebeatles.com/Apple Records[/caption]
Iain se opdrag was om ’n foto te neem om op die voorblad van die groep se voorlaaste album te pryk. “Ek moet erken die idee was Paul McCartney s’n,” het Iain gesê. "’n Paar dae voor die fotosessie het hy ’n skets gemaak van hoe hy die voorblad gesien het, en ons het dit byna presies so uitgevoer.”

47 years ago today since the original shoot...here are all six photos taken of @thebeatles crossing Abbey Road.

A photo posted by Abbey Road Studios (@abbeyroadstudios) on

Iain vertel hy het ’n paar foto’s geneem terwyl die Beatles in een rigting oor die pad stap, “dan het ons weer ’n paar karre laat verbykom en dan het hulle weer in die teenoorgestelde rigting gestap”.

Die foto wat eindelik gekies is, was die vyfde of sesde foto wat Iain geneem het. “Dit was die enigste een waarop hul bene ’n perfekte ‘V’ gevorm het; iets wat ek stilisties gesoek het.”

Dis die eintste foto wat eindelik gespan is op hul elfde album, heel gepas Abbey Road genoem.

Hier is van die bekende treffers van die album:

Min het Iain seker geweet sy voorbladfoto sou soveel bekendheid verwerf dat ons vandag nog daaroor sou praat.

Bronne: The Guardian; Ultimate Classic Rock