Waarnemende regter Corrie van der Westhuizen het Dinsdagmiddag gesê hy sal Donderdag om 10:00 uitspraak lewer.

Theuns het heeldag in die voorste ry van die hofgalery van die hooggeregshof in Pretoria se dringende hof gesit en geluister hoe sy regspan sy saak uitspook om hom weer op die AIG-verhoog te kry.

AIG het hom vroeer vandeesmaand laat weet hy is nie meer deel van die konsertreeks nie.

Van der Westhuizen het Dinsdag aan adv. Christo Zietsman, Theuns se regsverteenwoordiger, gesê "his bluff is called".

"Theuns het gesê hy teken die kontrak onder twee voorwaardes. As die twee voorwaardes nie nagekom word nie, gaan hy nie deelneem nie. Dit is wat hy sê.

"His bluff was called."

Na die hofverrigtinge verdaag is, het Theuns gesê hy kan nog nie enige kommentaar lewer nie.