Oscar Pistorius het Maandagoggend weer kortliks in die hof verskyn waartydens die amptelike datum van sy vonnisoplegging bekend gemaak is.

Tydens sy aankoms by die hof, het talle Oscar-ondersteuners hom ingewag.
Ook binne die hof is daar ook steun vir Oscar getoon, selfs al die pad vanuit Phooenix in die Amerikaanse deelstaat Arizona.
Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het die verrigtinge aangehoor. Vandag was Oscar se pa, Henke, en sy suster Aimee, ook in die hof teenwoordig.

Advokaat Gerrie Nel het aangedui dat die Staat op 13 Junie 2016 gereed sal wees om met die vonnisoplegging voort te gaan. Oscar se regspan het vertoë gelewer om sy borgvoorwaardes aan te pas.

Een van die voorwaardes waarvoor aanpassing versoek word, is die vereiste dat die Departement van Korrektiewe Dienste in kennis gestel moet word wanneer Oscar op reis sou gaan. Daar is beslis dat Oscar wel nie meer die departement in kennis hoef te stel nie, maar wel ondersoekbeampte Mike van Aardt. Lees ook: ‘Verpletterde’ Carl Pistorius maak hart oop oor Oscar se appèl-uitslag Sy huisarres-reëls geld steeds. Ten spyte van beweringe dat die toestel (wat aan sy gewrig geheg is) wat sy bewegings monitor reeds drie keer wanfunksioneer het, word volstaan by die maksimum 20 kilometer-radius van sy oom se huis in Waterkloof. Die adjunk-regterpresident het die saak tot 13 - 17 Junie 2016 uitgestel, wanneer Oscar na verwagting gevonnis gaan word.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang