Die verkiesingsdatum het pas op sosiale media gebreek.

Volgens talle twiets het President Jacob Zuma aangekondig dat die 2014 Nasionale Verkiesing op Woensdag 7 Mei plaasvind.

Kiesers het hierdie naweek, 8 en 9 Februarie, die laaste geleentheid om vir die verkiesing te registreer.

KLIK HIER vir meer inligting as jy nog die naweek wil registreer.

Helen Zille het ook Vrydagoggend 'n twiet uitgestuur waarin sy sê pres. Jacob Zuma gaan vandag die datum vir die algemene verkiesing bekend maak.