Volgens Us Weekly het die Sorry-sanger en van sy vriende verlede naweek by Zac se huis in Los Angeles ingeloer toe Justin besluit om hom ’n paar wenke te gee oor hoe om sy suksesvolle loopbaan te hanteer.

Die bron verklap die 23-jarige Bieber het erken hy is ’n bewonderaar van Zac sedert hy weggebreek het van sy High School Musical-dae af, maar toe stel hy voor die Hollywoodse spiertier moet "die rolle wat hy aanvaar meer versigtig kies".

“Justin was baie eerlik en het soort van vir Zac gekonfronteer.”

Die 28-jarige Efron, wat pas die verfilming van die nuwe weergawe van Baywatch voltooi het, het Bieber se opmerkings geïgnoreer en die bloot die “advies” waardeer, het die ingeligte bron vertel.

Zac het teruggekap en vir Justin geprys en raad te gee. Volgens die bron het Efron hom aangesê om “op te hou om grense oor te steek”, en hom glo “wenke oor die lewe” gegee.

Alhoewel Bieber geen planne bekendgemaak het wat aandui dat hy toneelspel gaan opneem nie, het hy tot dusver net ’n handvol verskynings op die grootskerm gemaak: in Zoolander 2 en Men in Black 3.

Sy verteenwoordiger het onlangs gerugte ontken wat beweer Justin het ’n rol in ’n nuwe fliek van die hand gewys omdat die vervaardigers nie ’n sekstoneel tussen hom en ’n ander man wou uitlaat nie.

Volgens die New York Post se Page Six het die vervaardigers van Uber Girl hom glo genader om die rol van ’n jong, manlike popster te speel wat ’n romanse met een van sy dansers aanknoop.

Bieber se verteenwoordiger het egter aan GossipCop gesê die storie “is van alle waarheid ontneem” en bygevoeg dat die stories rakende die ster se verskyning in Uber Girl “nooit plaasgevind het nie”.

© Cover Media