Saam met ’n inspirerende aanhaling het sy die woord “Londen” getwiet.

Aimée werk volgens die sosialemedianetwerk LinkedIn sedert Januarie 2014 by Investec as ’n sakeontleder. Volgens ’n Huisgenoot-bron wat in Londen woon, het Aimée onlangs daar vir die maatskappy begin werk.

Na wat verneem word, het ’n paar Suid-Afrikaners Aimée onder hul vlerk geneem en ’n bietjie rondgewys en touwys gemaak in haar nuwe tuiste.

Die Pistorius-sibbe, Oscar, Aimée en hul broer, Carl, is van kleins af baie na aan mekaar en sedert hul ma, Sheila, en pa, Henke, se egskeiding in 2002 is dié drie deur diep waters.

Lees ook: Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Carl het kort nadat Oscar se vonnis van strafbare manslag weens die skietdood van die model en werklikheidsreeksster Reeva Steenkamp na moord verander is op Facebook hart oopgemaak oor dié ommekeer van sy broer se vonnis.

“V e r p l e t t e r ,” het hy met spasies tussen elke letter geskryf om sy gevoel van skok en magtelose hartseer uit te spreek. carl twiet Op ’n onlangse reis na die subkontinent het Carl op Twitter gedeel hoe hy Aimée en Oscar mis. “Op pad huis toe van Indië na Suid-Afrika. Wat ’n maand van herkalibrering! Mis my broer @OscarPistorius en suster @AimeePistorius,” het hy op Saterdag 30 April getwiet. Die Pistoriusse het einde 2014 ná ’n onstuimige hofgeding saamgetrek en die eertydse Olimpiese held se verjaardag op 22 November gevier en vir ’n oomblik stralend gelukkig gelyk.

Ander stories op Huisgenoot.com

Tiener vermink sy eie liggaam ter wille van ‘sy kuns’

Bekende SA avonturier en sy trouvrou onthul ekstreme wittebroodplanne

Inge Lotz se ouers publiseer roerende boodskap op haar 34ste verjaardag

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Kyk: Dapper negejarige tog te bekkig ná lewensgevaarlike groeisel uit haar brein gesny is

Gateway to Space: Grootste uitstalling nóg in SA!