Die tiener se verdwyning het vandeesweek opslae gemaak nadat sy Vrydagaand soos mis voor die son verdwyn het. Sy is egter Dinsdagaand omstreeks 22:35 in Bishop Lavis, op die Kaapse Vlakte, opgespoor.

Hanlie Muller het vroeër aan Huisgenoot gesê dat haar kind veronderstel was om by ’n vriendin oor te slaap. Anchen het egter nooit die onbekende vriendin se huis bereik nie en was sedertien vermis.

Die bedroefde ma het gister gepleit dat Anchen huis toe kom waar ook al sy haarself bevind.

“Sy is maar net ’n 13-jarige kind. Sy het die lyf van ’n groot mens maar die kop van ’n 13-jarige. Kom net huis toe asseblief my kind” .

Hanlie het ook haar bekommernis uitgespreek oor waar haar kind haarself bevind en met wie.

“Die mans daar buite is siek,” het sy gesê.

Luidens berigte is dit Anchen se selfoon wat gelei het tot die vonds. Dis diè wat die polisie warm op haar spoor gesit het.

Sers Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoorder het bevestig dat Anchen gevind is. 

Anchen is omstreeks 22:35 in Bishop Lavis, Kaapstad gevind.