Dit het Donderdag behoorlik gegons toe die nuus die ronde begin doen het dat Mariah Carey en die Australiese magnaat, James Packer, se verlowing in alle waarskynlikheid verbreek is. Hoe finaal die verbrokkeling sou wees, is natuurlik nie seker nie.

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Die twee het mekaar verlede jaar by een van Mariah se vertonings in Las Vegas ontmoet. 'n Bron na aan die paartjie het gesê hulle was onmiddellik halsoorkop verlief op mekaar. "Die konneksie tussen hulle was sonder vergelyke. Dit was 'n pragtige ervaring vir altwee, jy kan nie anders as om in ware liefde te glo nie." Mariah het eers hul verhouding in November 2015 bevestig en op 21 Januarie het James die knoets van 'n verloofring aan haar vinger gesteek.
Die 35-karaat ring is na bewering nog steeds in Mariah se besit. Natuurlik duik die volgende vraag op: Moet sy daardie $10 miljoen-knoets (bykans R139 miljoen) aan hom teruggee?
Luidens berigte is Mariah se nuwe werklikheidsreeks Mariah's Life en haar spandabelrige gewoontes 'n paar van die dorings in James se vlees.
Hy word as 'n vrygewige man bestempel, maar duidelik impliseer die gissinge dat Mariah dit dalk 'n bietjie té ver gevoer het.
Om sake nog verder te kompliseer, wil dit voorkom asof sy familie en vriende ook nie baie geneë was om haar hartlik in hul binnekring te verwelkom nie. Dit het vererger toe Mariah glo sou weier om James se suster se verjaardag by te woon. Intussen spandeer Mariah glo baie tyd met haar eks-man, Nick Cannon, van wie sy in 2014 geskei is. Dit laat die skindertonge behoorlik klap.
By dié foto wat sy op Instagram gedeel het, het sy dit as vakansietyd bestempel.

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Sy het ook Woensdag die meeste van haar toer glo weens "promotoer-nalatigheid" na Chile, Argentinië en Brasilië gekanselleer.
James soek luidens berigte weer ondersteuning by sy gewese vrou, die modeontwerper Jodhi Meares.

A photo posted by @company1agency on

Bronne: tmz.com, inquisitr.com, womansday.com.au, pagesix.com, dailymail.co.uk