Die verdedigende vlugbalkampioene, die dames van Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) sal hul titel moet verdedig teen die spanne van die Universiteit van Johannesburg, die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Kaapstad en die Neslon Mandela Metropolitaanse Universiteit.

’n Klipgooi van die Kampsbaai-strand af, by die Kampsbaai Sportklub, sal die beste universiteit-sewesspanne hul staal wys. Buiten die agt universiteite wat aan die vlugbal deelneem , sal die  spanne van  Noordwes Universiteit Potchefstroom en Stellenbosch Universiteit ook deelneem.

“Varsity Sports streef daarna om almal te herinner dat sport lekker is, terwyl Suid-Afrika se sportsterre van die toekoms ook ten toon gestel word.  Kampsbaai het die regte atmosfeer en ek’s seker die student en die toeskouers gaan hulself gate  uit geniet!

[caption id="attachment_60765" align="aligncenter" width="600"]Francois Pienaar en die vlugbalspelers Francois Pienaar en die vlugbalspelers[/caption]

Tye:

Strandvlugbal: Vrydag vanaf 10:00, Saterdag vanaf 10:10, sondag vanaf 09:30

Sewes-rugby: Vrydag vanaf 10:40, Saterdag vanaf 11:40 en Sondag vanaf 14:00

Kaartjies kos slegs R10 per persoon per dag en daar is ook parkeerfasiliteite by die hoek van die Clifton Rolbalklub en La Med. Jy kan daar parkeer en ’n kaartjie kry vir slegs R20.

Suzaan Hauman