Die Camden Lock-mark is ’n gewilde bestemming en bekend vir sy polsende naglewe, vermaak en inkopiegerief. Die kompleks word jaarliks deur gemiddeld 28 miljoen mense per jaar besoek.

Die brand wat omstreeks middernag uitgebreek het, het baie vinnig versprei en die vlamme het glo “deur die lug gevlieg”. Dit het die vrees laat ontstaan dat die gebou enige oomblik kon ontplof vanweë nabygeleë restaurante met kombuise waar gasbottels ingespan word.

Drie verdiepings van die kompleks en die dak was aan die brand. Na wat berig word, is niemand in die voorval beseer nie.

In hierdie stadium is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie. Besoekers wat beplan het om die mark te besoek, sal verlig wees om te hoor die mark se deure is weer oop.


2014

Dit was egter nie die eerste brand wat hier uitgebreek het nie.

Op 19 Mei 2014 het daar ’n brand in die Stables-mark, waar veral boeke, klerasie en juweliersware verkoop word, uitgebreek. Meer as 70 brandbestryders ne 10 brandweerwaens is na die toneel gehaas.

Sending our thoughts to all those affected by the fire at #camdenmarket #thestables #camdentown ??

A post shared by Insurance-LRG Financial (@lrg_financial) on

2011

In Februarie 2008 is die mark geheel en al vernietig deur ’n inferno wat die kompleks vir 15 maande buite aksie gelaat het.

Die Hawley Arms was een van die plekke wat gereeld deur bekendes soos Amy Winehouse, Mark Ronson en die Indie-rockgroep Razorlight besoek is.

Meer oor Camden Lock-mark

  • In vrye omgang word dit die Camden Market genoem. In die verlede was dit ’n houtwerf waar voorraad vir TE Dingwalls-skeepsbouers gestoor is.
  • In die 1970’s het die mark sy deure geopen met die naam Camden’s oorspronklike kuns- en handwerkmark.
  • In die 1980’s is die oorspronklike marksaal heropen.
  • In 2003 is ’n glas-en-staalkap tot die konstruksie bygevoeg.
  • Daar is vandag van alles en nogwat te vind by die mark – van cuisine tot handgemaakte juweliersware, musiek en klerasie (oud en  nuut).
  • Die mark is sewe dae van die week oop vir besigheid en is net op Kersdag gesluit.

Bronne: bbc.com, foxnews.com, dailymail.co.uk