Die babas is op 31 weke gebore en hoewel dit nege weke te vroeg was, was daar geen komplikasies nie en was nie een aan masjiene gekoppel nie.

Daniel is eerste gebore, en toe Ryan en Luke. Met geboorte het Luke 1,1 kg, Ryan 1,3 kg en Daniel 1,4 kg geweeg.

Luke was ná geboorte sowat ses weke in die hospitaal, terwyl die ander twee ná ’n bietjie meer as ’n maand ontslaan is.

Die egpaar het ook twee ouer kinders, Dylan (5) en Chloe (3). Nathan (28) is ook een van ’n tweeling. Sy tweelingsus, Natalie, woon ook in Roodepoort.

[caption id="attachment_129943" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Op 27 Junie word die drieling 10 maande oud.

“Dit is soms rof; hulle het almal hul oomblikke,” sê Louise (28) laggend oor hul kroos. “Saans wil almal op dieselfde tyd aandag hê.”

Gelukkig het die Aspelings ’n kinderoppasser wat na die vyf woelwaters help omsien. Louise erken dis glad nie maklik die drieling van mekaar te onderskei nie.

Lees ook: Ouers vind vindingryke manier om identiese drieling te onderskei

“Dis vir my ’n stryd. Aanvanklik kon ek aan die gewig voel wie is wie, maar nou verskil die drie seuns se gewig met ’n paar gram – hulle weeg tussen 7,5 kg en 8 kg. Ryan het ’n klein merkie op sy enkel gehad, maar dis aan die verdwyn.” Voor hul geboorte is Louise reeds weens hoë bloeddruk in die Life Wilgeheuwel-hospitaal hospitaal opgeneem. Die babas, wat in dieselfde embriosak ontwikkel en ’n naelstring gedeel het, is met behulp van ’n noodkeisersnee gebore. Louise het intussen ’n Facebook-blad genaamd The Three Little Lads begin en deel gereeld foto’s en nuus oor die drie seuntjies daarop. Save Save