’n Grumoord is laat Maandagmiddag in die prentjiemooi woude van Kaapstad gepleeg.

Die 16-jarige Franziska Blöchliger van die Constantia Waldorf-privaatskool het gister middag saam met haar ma, Shireen, en jonger suster in die Tokai-woude in die Suidelike voorstede gaan draf.

In ’n stadium het Franziska weggebreek van haar ma en suster omdat sy langer wou draf. Sy en haar ma sou haar later op ’n bepaalde punt weer ontmoet, maar Franziska het nooit opgedaag nie. Haar ma het toe begin bekommerd raak.

[caption id="attachment_119603" align="alignnone" width="600"]Franziska Blochliger is Maandagmiddag wreed vermoor. Foto: Verskaf Franziska Blochliger is Maandagmiddag wreed vermoor. Foto: Verskaf[/caption]

“Iemand het haar gegryp en in die bosse ingesleep,” het Thomas Knemeyer, ’n lid van die skoolraad, aan Huisgenoot gesê.

“Hulle het haar aangerand. Ernstig aangerand en toe verwurg.

“Dit is verskriklik. Regtig verskriklik.”

Franziska se pa, Florian, het gistermiddag desperaat op sy Facebook-blad geskryf: “My dogter is vermis. Is daar iemand wat weet hoe om ’n selfoonsein op te spoor. Laat weet asseblief vir my of my vrou.”

Meer as 50 vrywilligers het help soek en na sowat 40 minute is daar op haar lyk afgekom, berig Netwerk24.

Volgens die nuusbron was haar lyk baie na aan die voetpad gevind. Thomas sê die gesin het gereeld in die Tokai-woude gaan draf.

Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie, maar volgens bronne is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die Blöchliger-gesin woon in Kalkbaai en Florian is van Sweedse afkoms.

– Marelize Potgieter

Lees ook op Huisgenoot.com:

Woedende ma verneder haar ‘boelie-seun’ op Facebook

Tennisster toets positief vir verbode middel

Afrikaanse werklikheidstelevisie-deelnemer sterf: ‘Sy was my rots en my held,’ vertel sussie

Dié SA stad spog met die meeste miljoenêrs

Is hierdie ook hoe jou jammerlike man reageer as jy hom saamsleep winkels toe?

Derick Hougaard vertel hoekom hy huurders vir sy huis soek