A photo posted by Aurore Pizzo (@lolita92i) on

Pig Island is ’n klein eiland geleë in die blou water van die Bahamas. Al inwoners is sowat 20 varke wat toeriste uit alle wêrelddele lok. Lees ook: Ontmoet vir Zonkie, die sebradonkie! Hoe presies die varke op hierdie verlate eiland beland het, is wel onbekend, maar daar is heelwat staaltjies daaroor.
Een legende lui dat baie honger matrose die varke op die eiland afgelaai het om hulle later vet te voer en vir ’n fees te slag. Maar die matrose het nooit na die eiland teruggekeer nie. Nog ’n storie meen die varke het ’n skipbreuk oorleef en het alleen voortgeleef op die eiland. Ander meen die varke is bloot ’n bemarkingsfoefie om toeriste na die eiland te lok. Hoe dit ook al gekom het, dié varke leef ’n luukse lewe sonder ’n greintjie vrees van enigeen wat hulle wil slag.
Bedags swem die varke in die water op soek na kos. Maar moenie die verkeerde indruk kry nie. Hulle is allermins seeroofdiere wat op soek is na visse om te eet vir oorlewing. Lees ook: Dié kat neem beter selfies as jy Hul stapelvoedsel kom baie makliker en is enige kos wat gewillige toeriste hulle voer.

A photo posted by Tini (@tinivvang) on

Die varke ontspan elke dag luuks onder die eiland se bome. Maar wanneer hulle ’n boot op die horison sien, sal hulle eensklaps in die water spring en na mense met hande vol kos swem.

Dit is beslis die lewe waaroor enige vark net kan droom!

Bronne: Wikipedia.org; deepseanews.com; dailymail.co.uk