Sanparke-woordvoerder Wanda Mkutshulwa het gesê gaste, die media en personeel wat nie regstreeks by hom betrokke is nie, word van die boma weggehou waarin Sylvester kans gegee word om te kalmeer,

Lees ook: Sylvester die leeu se losloopdae getel na hy eindelik (weer) vasgetrek is

"Beperkte kontak met mense is vir sy eie veiligheid. Die vrees bestaan dat hy homself mag beseer deur in die boma se elektriese heining vas te hardloop omdat hy waarskynlik nog steeds kan glo hy word gejaag." Sylvester het verlede jaar na sy eerste ontsnappoging meer as vyf maande in dieselfde boma deurgebring voordat hy as gereed vir vrylating in die park bestempel was. Sylvester is Donderdagmiddag sowat 20 kilometer van die park gevind en vanuit 'n helikopter met 'n verdowingspyl geskiet. Wanda sê agt bewaarders het bykans twee uur geneem om die verdoofde leeu teen die berg af te dra.

Diere- en natuurliefhebbers het hul ontsteltenis op sosiale media uitgespreek nadat Sanparke aanvanklik aangedui het dat Sylvester se dae op aarde getel is.
Lees ook: Die Karoo se rondloper-leeu gevang!
Volgens Wanda sal 'n finale besluit oor Sylvester se toekoms geneem word nadat hy voldoende kalmeer het en alle moontlike opsies deeglik oorweeg is.
"Ons gee die versekering dat watter besluit ookal geneem sal word, dit in die beste belang van die dier sowel as bewaring gemaak sal word," het Sanparke se hoofbeampte, Fundisile Mketeni gesê.

Hy het ook aangedui dat daar 'n analise gedoen sal word rondom die moontlike hervestigingperseel.

"Waarheen ons ook vir (Sylvester) sal neem, sal ons seker maak hy is ten volle geïntegreer om die kanse van die onlangse insident te verlaag."

Bron: News24

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei