Die paartjie het tydens ’n swierige gala-ete by die hotel Aman Grand Canal hul troubeloftes afgelê, het George se reklamebeampte in ’n verklaring gesê. Die huwelik gaan na verwagting Maandag by die stadsaal in Venesië amptelik geregistreer word.

Die Hollywood-akteur en -regisseur was geklee in ’n Armani-baadjie toe hy by die Aman aankom in dieselfde water-taxi, genaamd Amore, waarmee hy Venesië Vrydag met sy aanstaande binnegekom het.

Sy pa, Nick, en sowat 30 bote met polisie en steelfotograwe was ook daar. George het geglimlag en vir toeriste en gillende aanhangers gewaai.

Hy is toe na die sewester-hotel waar die aand se feestelikhede gehou is. ’n Groot, bruin tent het gaste bedek sodra hulle van hul water-taxi afgeklim het.

’n Groot groep A-lys-sterre, onder andere die akteurs Bill Murray, Robert de Niro and Matt Damon, die sanger Bono, die gewese supermodel Cindy Crawford en die redakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour, het die geleentheid bygewoon.

Anders as wat verwag is, het Sandra Bullock en die pasgetroude Brad Pitt en Angelina Jolie nie daar nie.

Wat gebeur het binne die Aman – ’n paleis uit die 16de eeu waar een van die 24 suites jou tussen R11 000 en R56 100 (1,000 to 5,100 dollars) per aand uit die sak kan jaag – is streng geheim gehou.

Terwyl honderde sekuriteitswagte wag gehou het, is kelners en ander personeel gevra om hul selfoon in te gee om verhoed dat enige foto’s geneem word. Dié beleid was ook op gaste van toepassing.

Almal het Vrydagaand met haar strooimeisies by die Aman deurgebring, terwyl George en die meeste ander gaste gekuier het by die Belmond Hotel Cipriani, ’n gunsteling van die bruidegom wat as die basis van die vier dag lange troufees dien.

Die Amerikaanse Vogue gaan na verwagting eksklusiewe foto’s van die troue publiseer. Volgens berigte is gaste Saterdag geserenadeer met jazz-liedjies, onder meer Nat King Cole se When I Fall in Love.