Wat 'n pragvertoning deur Charl du Toit, en dit nog net tydens die uitdunrondes! Charl se debuut in 2012 sy buiging by die Paralimpiese Spele in Londen het nie so seepglad verloop as waarvoor gehoop is nie. Maar dit het die jong atleet geensins van stryk gebring nie. Inteendeel! In 2014 wen hy 'n silwer medalje gevolg deur 'n nuwe Afrika-rekord in die 400 m in 2015.

Só het hy gister sy planne vir Saterdag se uitdunne op Twitter bekend gemaak.
En wraggies, kyk net wat gebeur vandag! Hy verpletter sy eie 100 m-rekord - en dit met 'n glimlag.
Lees ook: Span SA wen eerste goue medalje by vanjaar se Paralimpiese Spele

Is dit nie 'n wonderlik om so 'n groot glimlag op enige mens se gesig te sien nie? Die foto is ook Charl se profielfoto op Twitter. Dis mos die gesig van iemand vir wie daar goud wink!