viper

Johan Marais van die Afrika-instituut vir Slangbyte het oor Talk Radio 702 aan John Robbie gesê, 80 persent van alle slangbyte kom tydens die reënseisoen voor.

Volgens Johan kom pofadders en snoetkobras algemeen voor aan die buitewyke van Johannesburg. Veral op Johannesburgse kleinhoewes is daar ook baie rinkhalse of spoegkobras. Hy waarsku inwoners moet op hul hoede vir dié slange wees.

Johan het hierdie wenke gegee:

  • Wanneer ’n slang iemand in die oog spoeg: Hou hul kop ’n kwartier onder lopende water om soveel moontlik gif uit te was. Neem hulle dan dokter toe.
  • Slangbyte: bring hulle so gou moontlik na die naaste hospitaal. Indien die slagoffer van ’n slangbyt binne ’n halfuur tot twee uur by ’n hospitaal uitkom, is hul veilig.
Deur Faiza Mallick Bron: ewn.co.za