Terwyl die Springbokke onlangs hul oorwinning teen die All Blacks in Port Elizabeth uitgelate op die veld gevier het, was daar geen teken van hul kleurryke afrigter, Peter de Villiers, nie.

Die man met die snor en die sêgoed het iewers diep in die stadion op sy manne gewag.

Hy sluit nooit by die spelers op die veld aan nie, of hulle nou wen of verloor.

Die vreugde van die skare wanneer hulle wen, is die soete vrug op hul arbeid en net vir hulle bedoel, glo hy.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels ons met Peter oor die wêreldbeker en sy lewe weg van die rugbyveld.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.