Manne kweek in November natuurlik nie net ’n snor omdat dit supersexy is nie. Dit is ter bewusmaking van mans se gesondheidsprobleme soos prostaat-en testikulêre kanker.

Ons het gaan inloer by bekendes om te kyk hoe hulle vorder en ken aan elkeen ’n snorpunt toe.

Pierre en Harald

Harald Richter en Pierre Breytenbach van die nuusprogram Dagbreek op kykNET se snor is redelik lig in die broek. Maar nie te min, was hul waaghalsig, want dis nie sommer enige program wat sal toelaat dat jy onnet lyk nie. So gegewe hul perke, gee ons hul elkeen 7 uit 10.

Ian Bredenkamp

Die radio man, Ian Bredenkamp, het ’n ander soort beperking. Hy moet natuurlik sy vrou, die Expresso-aanbieder Elana Afrika, soen! Vir sy probeerslag gee ons hom 6 uit 10. (Ons hoor ook die sanger Emo Adams het vir hom gelag oor sy snor . . .)

Jan_Harm_Schutte_en_Dawie_Roodt_Ontbytsake

Die kompetisie het geloop by die Ontbytsake span. Maar Dawie Roodt het los hande met 8 uit 10 gewen, terwyl Jan Harm Schutte maar aan die agterspeen moes suig met 6,5 uit 10.

Toks_van_der_Linde_en_Isak_Davel_Toks_en_Tjops

Die Toks en Tjops-aanbieder Toks van der Linde kry 7 uit 10, want dis Toks.

Bryan Movember

Ons Springbok-rugbyspeler Bryan Habana het ’n foto saam met hom en die skeidsregter Tappe Henning op Twitter gelaai. “Ek dink nie Tappe Henning neem deel aan @Movember nie, maar sjoe hy het ’n ernstige mo’!!” het hy geskryf. Vir Habana se geesdrif en omdat sy snor op duisende rugbyaanhangers se TV gesien is, kry hy 9 uit 10.

Movember

As jy dalk nie bevoeg is om ’n snor te groei nie, kan jy altyd kreatief wees soos die aktrise Jana Strydom, die bemarker Noluthando Meje en akteurs Viljé Maritz en Louw Venter. Met ’n veer en ’n varing kan jy ver kom. Hulle kry 8 uit 10 vir oorspronklikheid.

Philip die Heuwls

Maar wie is die wenner van ons snor-kompetisie? Niemand minder nie as Philip Erasmus, Die Heuwels Fantasties-tromspeler! En kyk net sy oulike twiet:

“Having a mo with my mo. Inspiration? Labradors? Yes.”

Bravo! Tien uit tien!

Loren Pienaar