Kalifornië. Eers sien jy net ’n aansienlike groot bol wol. En dan iewers tussenin, ’n snuffelende pienk neus en twee ore. Dan besef jy: dis ’n Angora-konyn wat hier sit.

Om seker te maak elke konyn is reg vir enige van die tot 50 kompetisies per jaar, is harde werk. Elkeen van die kompetisiekonyne word elke dag gekam en gestileer – iets wat die konyne oënskynlik baie geniet. Dr. Betty Chu, eienaar van die konyn, se gunstelingkonyn, Franchesca, het gespog met ’n haredos wat byna 37 cm lank is. Sy het ook in die Guiness Book of Records verskyn.

Natuurlik besorg die haredos ’n mens ook heelwat hoofbrekens. Toe dit tyd is dat Franhcesca ’n nuwe nageslag moet voortbring, het die hare letterlik gewaai. Die pragtige babakonyne het gelukkig meer as vergoed daarvoor.

Bron: YouTube