Hy het begin moeg raak vir homself. Dieselfde liedjies, dieselfde styl, snit ná snit. Kurt Darren was woemaloos. Of altans, dis hoe hy gevoel het.

Daardie middag vroeg vanjaar voor ’n skare op ’n klein dorpie in die Noord-Kaap het hy geweet: Hy sal moet sokkies optrek om dié aanhangers wat so getrou saamsing ’n ietsie meer te gee.

“Ek was keelvol van terugval op my treffers. Ja, ’n mens moet trots wees op dit wat jy geskryf het en wat jare lank al hou, maar om dit op dieselfde manier vir die soveelste keer te doen, het my net begin onderkry.

“En as ek, die sanger, so voel, hoe moet my ondersteuners nie voel nie?” vra Kurt, amper onthuts oor dié Damaskus-oomblik daardie dag. Dis toe dat hy besluit: Hy moet die mense daar buite “?’n lekker vertoning met ’n ekstra hupstoot” gee. Iets anders . . .

Nee, hy wou nie noodwendig ’n nuwe Kurt aan sy ondersteuners opdwing nie, maar wel ’n Kurt met ’n edge, vertel hy. Lees meer hieroor in Tempo Somer 2011/2012 wat nou op die rak is.

Volg Huisgenoot op Twitter.