Taylor Swift het pas vir Kim Kardashian van karaktermoord beskuldig.

Hy noem haar ook ’n ‘b***h’ in die liedjie.

Kort nadat die liedjie uitgereik is, het Taylor se verteenwoordiger Kanye se liriekkeuse afgekraak. Dit was toe dat dat die rapper terugkap en sê Taylor was die heeltyd bewus van die liedjie; trouens sy het hom toestemming gegee om na haar te verwys.

Die popster se verteenwoordigers hou egter vol dit is nie die geval nie. Op die noot raak Kim toe by die hele bebakel betrokke en sê vir die tydskrif GQ dat Taylor “heeltemal bewus” was van die snit.

Kim het dit egter nie daar gelos nie. Sondagaand het dié realiteitster ’n rits Snapchat-videos gedeel waarin mens kan hoor hoe Kanye die snit oor die telefoon met Taylor bespreek.

Die videos wys ook hoe Kanye ’n reël uit Famous aan Taylor oordra: "For all my Southside n****s that know me best, I feel like me and Taylor might still have sex".

Taylor antwoord dan: "Hmm, ja, gaan maar voort soos jy goeddink. Dit is in elk geval duidelik as ’n grap bedoel. En ek waardeer dit regtig dat jy my daarvan vertel het, dis werklik gaaf. "Ek waardeer dit regtig; die beginsel is so oulik. Selfs die feit dat jy gevra het of ek oukei is daarmee waardeer ek regtigwaar. Ek sou nooit verwag dat jy my moet vertel van ’n reël uit een van jou liedjies nie.” Ná Kim se Snapchat-onthullings het Taylor haar egter Instagram gewend om te verklaar dat die video nie wys sy keur die ‘b***h’-reël goed nie – want sy het dit kwansuis nooit gedoen nie. "Waar in die video vertel Kanye my hy gaan my “that b***h” noem? Dit bestaan nie, want dit het nooit gebeur nie. Jy kan nie iemand se emosionele reaksie beheer ná jy haar voor die hele wêreld “that b***h” genoem het nie,” het Taylor in ’n lywige verklaring geskryf.

That moment when Kanye West secretly records your phone call, then Kim posts it on the Internet.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

"Natuurlik wou ek van die liedjie hou. Ek wou Kanye glo toe hy sê ek sal dol wees daaroor. Ek wou hê ons moet ’n gemoedelike verhouding hê. Hy het beloof om die liedjie vir my te speel, maar hy het dit nooit gedoen nie. Jy kan nie ’n liedjie ‘goedkeur’ as jy dit nooit gehoor het nie.

“Om as ’n leuenaar bestempel te word terwyl ek nooit die hele liedjie gehoor het nie, is karaktermoord.

By haar lang verklaring het Taylor geskryf: "Daardie oomblik wat Kanye West jou foonoproep stilletjies opneem, en dan deel Kim dit op die Internet."

© Cover Media