’n Mens sit ook dikwels met jou hande in jou hare oor jou pap selfoonbattery. Wel, dit blyk of dit dalk iets van die verlede kan wees.

Slimfoonverslaafdes sal verheug wees om te hoor dat revolusionêre tegnologie jou lewe meer as ’n tikkie makliker kan maak.

’n Wetenskaplike deurbraak toon dat ’n mens in die toekoms slegs een keer elke drie maande jou battery hoef te herlaai.

Dit is glo alles te danke aan wetenskaplikes wat splinternuwe prosesseerder-materiaal geskep het wat jou foon sal help om sy toepassings met minder batterykrag te verwerk.

Huidige prosesseerders in ons selfone gebruike semi-geleiers wat ’n konstante vloei van elektrisiteit nodig het, berig die Independent.co.uk.

Die nuwe materiaal is egter slimmer en meer effektief.

’n Wetenskaplike deurbraak toon dat ’n mens in die toekoms slegs een keer in elke drie maande jou apparaat hoef te laai. Foto: Pexels

Dit laat glo ’n toestel toe om kort uitbarstings van energie vry te laat wat beteken dat dit nie jou battery gaan oorlaai nie.

Die prosesseerder gaan glo ook op 100 keer minder batterykrag funksioneer.

Navorsers by die Universiteit van Michigan en Cornell het die nuwe magnetiese elektrisiteit en veelsoortige materiale geskep, berig Independent.co.uk.

Luidens berigte verteer elektronika in hierdie stadium sowat 5% van totale globale energie en is dit is boonop die energieverbruiker wat die vinnigste groei.

Independent berig ook dat elektronika by die jaar 2030 40 tot 50% van globale energie kan verteer.

Energie doeltreffende prosseseerders kan dus ’n beduidende impak op ons globale energie se voetspoor hê.

So een van die dae kan jy maar jou broodnodige kabel by die huis los!

Bronne: Independant, The Sun